HOOF NUUS..!!!


Herregistrasie 2014

Ons herinner u aan die herregistrasie vorms wat voor 26 April by u kind se registeronderwyser ingehandig moet word.


Graad R en Graad 1 aansoeke vir 2014

Alle Gr. R en Gr. 1 aansoeke vir 2014 moet voor 21 Mei ingehandig word.
Ons opedag vind plaas op Vrydag 10 Mei om 08:00




  

















Ons  skool se nuwe naam:

Laerskool  Midvaal

 


Gedagte vir die week

Tot jy vrede maak met wie jy is, sal jy nooit tevrede wees met wat jy het nie.





 
 

Nuutste Foto's



Besoek ons fotoblad


Uit die hoof se kantoor.


Baie welkom terug, ek hoop u het die vakansie geniet en is weer vol geesdrif en krag vir die kwartaal. Na die opwinding van 'n vol en besige eerste kwartaal, wat heelwat hoogtepunte opgelewer  het, sien ek uit na 'n nuwe kwartaal vol uitdagings. Eerstens baie dankie vir alle ouers wat hul skoolgelde op datum hou, vir die wat agter geraak het, vra ons dat u die saak sal aanspreek. Ek wil ook almal bedank wat ons atlete afgerig het, asook die atlete wat baie hard gewerk het. Weereens baie geluk aan ons dubbele , Suid - Afrikaanse kampioen, Jonathan de Lacey Lacey.

Dankie vir alle ouers se insette met die skool  se naamsverandering. Die eerste Midvaal-wintersklere behoort binnekort by Sedgars beskikbaar te wees.

Die volgende belangrike sake moet aandag geniet hierdie kwartaal.

1. Registrasie vir 2014 - Gr R en Gr.1 moet afgehandel wees op 21 Mei 2013

2. Alle huidige leerlinge in Midvaal moet herrigistreer in die tydperk 22 - 26 Mei 2013. ( Vorms sal aan leerders beskikbaar gestel word op 22 Mei )

3. UJ - Laerskole reeks: Hierdie reeks skop eersdaags af en ons sport- en kultuursterre kan hul talente behoorlik uitstal. Hou gerus die nuusbriewe dop vir inligting rakende hierdie reeks.

4.  Ligas:  Sterket aan alle afrigters en spelers vir die onderskeie ligas.

Ek vertrou dat ons skoolgemeenskap hierdie kwartaal werklik 'n positiewe kultuur sal ontwikkel en dat ons leerlinge ongekende hoogtes sal nastreef en bereik.


Sport Gebeure

  • Gallery Image
  • Gallery Image
  • Gallery Image






Na Sport blad >>

Kultuur

KOOR

Onthou :  Kooroefening- Woensdae in skoolsaal
Juniors : 15 h 00 - 16 h 00
Seniors:  16 h 00 - 17 h 00
Alle koorlede moet daar wees!










Lees meer